Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Black gang goes amuck in Hazyview Lowveld: linked to farm attack:

$
0
0
Black gang goes amuck in Hazyview Lowveld: linked to farm attack: The soaring crime-wave in Hazyview is beginning to show a familiar pattern: -------------- OPVOLG: Gewapende rowers in Hazyview gesoek Die vlaag van misdaad in Hazyview is besig om 'n bekende patroon te vorm. 22 July 2013 Opvolg: 22 Julie Die jongste teiken in 'n vlaag gewapende rooftogte wat Hazyview tans teister, was 'n winkelsentrum.Volgens mnr. Rudi van Niekerk van Hi-Tech Sekuriteit Witrivier het vyf gewapende mans Donderdagoggend een van dié bakkery se wagte oorval.Hulle was glo, net soos die bende wat Dinsdagaand na bewering vier mense en 'n kind op 'n plaas net buite die dorp oorval, vasgebind en beroof het, met 9mm-pistole gewapen.Van Niekerk vermoed dat dit dieselfde groep is. Die verdagtes word egter nie met 'n ander drieman-bende wat die afgelope twee weke vermoedelik twee mans en 'n vrou in afsonderlike voorvalle beroof het, verbind nie.Donderdagoggend het die vyf mans glo in 'n swart BMW met 'n Gauteng-registrasienommer by die winkel opgedaag.Hulle het die klante toegesluit en met verskeie selfone en kontant op die vlug geslaan."Ons kon hul bewegings met die selfone se GPS'e volg en het hulle tot naby die Numbi-hek van die Nasionale Krugerwildtuin agtervolg toe ons die spoor verloor het," het Van Niekerk gesê. Opvolg: 18 Julie Nog ‘n gewapende roof het Dinsdagaand net buite Hazyview plaasgevind.Volgens mnr. Rudi van Niekerk van Hi-Tech Sekuriteit Witrivier wat op die toneel was, is die huidige vlaag gewapende rooftogte besig om ‘n bekende patoon te vorm.“Dit herhaal die selfde partroon as verlede jaar,” het hy gesê.“Daar is ‘n paar voorvalle in die dorp, en dan skuif dit na die plase toe.”Volgens Van Niekerk is vier mense en ‘n kind Dinsdag in ‘n plaashuis deur vyf gewapende mans oorval en vasgebind.Selfone, ‘n stofie en ‘n voetruig is gebuit.Die Mercedes-Benz is die volgende dag in Sandrivier opgespoor. Van Niekerk het gesê daar word vermoed dat dit ‘n ander bende rowers is as wat oor die naweek vermoedelik by verskeie voorvalle betrokke was. Opvolg: 15 Julie Die polisie soek na drie mans wat glo verskeie gewapende rooftogte in Hazyview uitgevoer het.Volgens mnr. Rudi van Niekerk van Hi-Tech Sekuriteit Witrivier, het die jongste voorval Sondagaand plaasgevind.Me. Nikola Wagner in haar huis aangeval.Sy het aan Laevelder gesê dat sy buite was toe drie mans verskyn en sy in haar huis in gevlug het.“Ek kon die sekuriteitshek toestoot, maar hulle het dit oopgebreek,” het sy gesê.Sy het toe op haar Hazyview Emergency Local Policing (H.E.L.P)-radio om hulp geroep nadat sy haarself in die badkamer toegesluit het. “Hulle het my skootrekenaar, selfoon, DVD-speler, ‘n boorstel sowel as CDs en DVDs gesteel.”Volgens Wagner was H.E.L.P binne 10 minute op die toneel, en sy kon die een aanvaller identifiseer.Daar word vermoed dat dié aanvallers dieselfde drie is wat verlede Donderdagaand twee mans in Blue Jaystraat oorval, vasgebind en beroof het het. -------------- HAZYVIEW - Die polisie is op soek na drie mans wat Donderdagaand glo 'n gewapende rooftog uitgevoer het in Blue Jaystraat. Volgens Hi-Tech Sekuriteit Witrivier is hulle die aand ontbied na 'n gyselaars-situasie, maar die slagoffers is bloot in die huis toegesluit.Die rowers is glo met die sleutels weg.Hulle het ook selfone, skootrekenaars, 'n televisie, DVD-speler, en motorsleutels gevat.Die verdagtes het na wat verneem wrod met 9mm pistole by die huis se oop deur ingestorm en hul slagoffers vasgebind. Albie is in die huis toegesluit voor die verdagtes gevlug het. Mnr. Lloyd Türck, een van die slagoffers, het gesê dit was 'n traumatiese ondervinding en hy beplan om eerder in Johannesburg te gaan bly."Ek sal my besighede in die area bly bedryf, maar dit is duidelik dat die gemeenskap nie saamstaan om misdaad te beveg nie," het hy gesê.Niemand is nog in verband met die voorval vasgetrek nie.Daar was ook 'n ander voorval in die dorp dieselfde aand, en die polisie vermoed dat die groep met ander voorvalle verbind kan word. ------------ http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/lowveld/lowveld-mobile-news?oid=7614021&sn=Mobile-Detail&pid=4732825&OPVOLG--Gewapende-rowers-in-Hazyview-gesoek

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>