Swart family survives attack by 3 black males inside Model Park Springs home, with injuries
“Die een man was gewapen met ’n breekyster (crowbar) en het my teen die rug geslaan. Een van die ander het my man op die vloer met ’n geweer teen sy kop, vasgedruk.”
24 July 2013 | Corlia Kruger “My man het vinnig opgespring en voor ons kind gestaan om hom te beskerm, voor hul hom ook kon slaan,” het me. Mandie Swart die gebeure herroep toe hulle verlede week in hul huis deur drie gewapende mans oorval is.
Sondagoggend 21 Julie is inwoners van Modelpark wakker geruk deur die klap van geweerskote en ’n ‘bloedstollende’ gil. Oomblikke voor die chaos, vertel Mandie, het sy en haar man, Marius, nog geslaap onbewus dat drie booswigte buite hul erf sit en wag...
“My man het so rondom 02:00 wakker geword van die geblaf van ’n hond,” onthou sy. “Toe hy gaan kyk het, sien hy toe ’n man buite die erf staan.”
“Marius vra my toe om die geweer vir hom te gee, wat eintlik net ’n ‘speel-geweer’ is, omdat ek so teen dit is om ’n regte een in die huis aan te hou,” vertel Swart en sê dat hul twee van die verdagtes buite die erf vanaf hul kamervenster kon sien. Marius het glo die ‘speel-geweer’ gebruik om die twee mans te probeer ‘bangmaak’.
“Ek het ons huis alarm laat afgaan. Ongelukkig was die stelsel nog nie geaktiveer nie, maar ek het gehoop dat dit hul dalk sal laat skrik.”
Terwyl Marius nog sy oog op die twee verdagtes gehad het, het Mandie ’n derde verdagte oor die muur sien spring en na die kamervenster van hul vyfjarige seuntjie beweeg. Met die afleiding het die ander verdagtes glo na die deure gehaas en ’n glasdeur oop forseer waardeur hul toegang gekry het tot in die huis.
“Die een man was gewapen met ’n breekyster (crowbar) en het my teen die rug geslaan. Een van die ander het my man op die vloer met ’n geweer teen sy kop, vasgedruk.”
Volgens Mandie het hul seuntjie op hierdie oomblik uit sy kamer gekom. “Die een wat my geslaan het, het hom ook probeer seer maak,” het Swart gesê en vertel hoe Marius hul kind beskerm het deur om homself tussen hom en die booswig te sit.
Intussen het ’n vrouestem buite gegil ‘Call the police!’. Hul bure het wakker geword van die oproer en dit was die buurvrou wat so gegil het.
Die verdagtes het hierop besluit om eerder spore te maak.
“Hulle het uitgehardloop en ons hoor toe net die skote wat afgaan toe die een met die geweer skiet na die mense naby ons huis.”
Niemand is tydens die skietvoorval gewond nie.
Alhoewel die trauma van die gebeure by die egpaar bly, staan hul sterk. “Ek is net bekommerd oor my seuntjie. Hy het die vorige aand wakker geword en bloumoord geskree. Dit kan wees dat dit wat gebeur het nog by hom spook,” het Mandie vertel.
Net ’n selfoon is gebuit. Witbank Polisie ondersoek die saak. http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/emalahleni-witbank/emalahleni-witbank-news-crime?oid=7645785&sn=Detail&pid=4730353&Gesin-in-huis-aangeval
↧