Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Survives: Afrikaner Reformed Church reverend Nikolaas Pienaar 29 sustains deep cuts in attack by three blacks, Fort Klapperkop Boer Republican monument, Pretoria

$
0
0
Survived: Rev Nikolaas Pienaar 29 of Reformed Church Pretoria West sustained deep cuts, fiancee Hanlie Kruger 23 was unharmed in attack by 3 knifemen at Fort Klapperkop Pretoria 29 September 2014 report by Grietjie Prinsloo, Maroela Media- "He immediately lunged at me with a knife. I had to fight for my life. One of the attackers grabberd Hanlie and tore off her watch. The third guy tried to get into my car'. Pienaar said just at that point some people came cycling past, scaring the attackers away. "It all happened within two minutes.' Pienaar had to be rushed to hospital with deep cuts on the left side of his body and his hands. The couple rushed to the ZuidAfrikaanse Hospitaal. Pienaar was transferred to the Mediclinic Kloof for surgery. The Sunnyside police have opened a docket. -------- Ds. Nikolaas Pienaar (29) van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Wes en sy verloofde, Hanlie Kruger (23), is by Fort Klapperkop in Pretoria aangeval. Pienaar het Kruger Vrydag omstreeks 17:30 by Carlitzia, Tuks se dameskoshuis vir mediese studente, gaan oplaai. “Ek wou haar vat om die sonsondergang oor die stad te gaan kyk,” het Pienaar Maandag aan Maroela Media gesê. “Dit was nog lig toe ons daar aangekom het,” het hy verduidelik. “Ons het by die eerste uitkykpunt stilgehou, uitgeklim en ons piekniekmandjie begin uitpak. "Ek het voetstappe naby ons gehoor en toe ek omkyk, was drie mans na ons oppad.” Volgens Pienaar het een van die mans reguit op hom afgehardloop. “Hy het my dadelik met ʼn mes aangeval, ek moes veg vir my lewe,” het hy gesê. “Een van die aanvallers het Hanlie gegryp en haar horlosie afgeruk. Die ander man wou by my motor inkom.” Volgens Pienaar het fietsryers gelukkig verbygery en die aanvallers skrik op die lyf gejaag en hulle het weggehardloop. “Alles het seker binne twee minute gebeur,” het hy bygevoeg. Hanlie is nie tydens die voorval beseer nie. Die jong paartjie het ná die voorval na die Zuid-Afrikaanse-hospitaal gejaag voor Pienaar na Mediclinic Kloof oorgeplaas is vir ʼn operasie. Hy het diep snywonde aan die linkerkant van sy lyf opgedoen. Sy hande is ook beseer toe hy die aanvallers wou keer. Die voorval is by die polisie aangemeld en word deur die Sunnyside-polisiestasie ondersoek. Die polisie was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie. MaroelaMedia.co.za

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>