Unidentified farm-dweller murdered, farm-manager critically injured in armed attack at Muldersdrift smallholdings
8 Desember 2014 Phillip Bruwer Maroela Media reports:"ʼn Plaasbestuurder is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal en sy vriend is dood nadat hulle oor die naweek tydens ʼn rooftog by ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng geskiet is.
Terry-Ann Booysen, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Drift Reaction cc, het Maandag aan Maroela Media gesê hul
Iron Fist Squad is Saterdag in die vroeë oggendure na die kleinhoewe in Gloryweg ontbied nadat die plaasbestuurder in sy gesig geskiet is.
“Die man het glo ʼn geraas buite die huis gehoor, en is in die gesig geskiet toe hy deur die venster gekyk het,” het Booysen gesê.
Vier gewapende mans het deur dieselfde venster toegang tot die huis bekom en dit geplunder. Hulle het glo met waardevolle items en ʼn kluis met ʼn vuurwapen gevlug.
Paramedici van Quick Response Service het die plaasbestuurder in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Teen Maandagmiddag was sy toestand kritiek, maar stabiel.
“Die eenheid en die polisie het later die oggend die gebied vir meer leidrade gefynkam toe hulle op ʼn man se liggaam afgekom het.”
Daar word vermoed dat die oorledene die plaasbestuurder se vriend is, en dat hulle by mekaar was tydens die aanval. “Dit is nog nie bekend of die oorledene probeer vlug en toe in sy rug geskiet is, en of hy in die huis geskiet is en daar ineengestort het nie.”
Die Muldersdrift-polisie ondersoek die voorval. Die slagoffers se name en ouderdomme is nog nie bekend gemaak nie.
http://www.maroelamedia.co.za
↧
Murder: unidentified smallholder killed, farm-manager in critical condition, attack by 4 black males
↧