Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Murder: Pieter du Plessis, 52, found in outside room with throat cut, Vanderbijlpark, brother of journalist

$
0
0
Murdered: Pieter du Plessis, 52 Vanderbijlpark, found in outside room with throat cut (English translation on attached page-grab) ----------------------------------- Article by his journalist-brother Jannie du Plessis (Vaalweekblad)"Dit is my daaglikse taak om oor misdaad en ongelukke verslag te doen. Normaalweg kan mens ‘n veilige emosionele afstand hou, maar dit is moeiliker wanneer so ‘n tragedie jou eie familie tref - in hierdie geval my broer, Pieter" sê Jannie "My seun Jean (23) is verlede Woensdagoggend, nadat hy by my by Vaalweekblad se kantore was, terug huis toe waar hy by my broer gewoon het. Volgens Jean het hy na sy oom Pieter begin soek toe hy merk dat sy motor daar was, maar Pieter nie in die huis was nie. Hy het op my broer se bebloede lyk in die buitekamer afgekom. Jean het dadelik na sy neef Pieter du Plessis jr. (19) se kamer gehardloop en my gekontak. Ek het dadelik die nooddienste gekontak en na my broer se huis gery. Op die toneel het ek my broer se pols geneem, maar hy was reeds dood. ER24 se ambulanspersoneel het dit enkele minute later bevestig. By verdere ondersoek deur paramedici is die diep snywond aan Pieter se keel toegeskryf aan moord. Die polisie, forensiese spanne en honde van die biologiese vloeistof-eenheid het die toneel vir vyf ure gefynkam. Verskeie DNA-monsters is op die toneel geneem en speurders van Johannesburg is twee dae later ingespan om ‘n bloedspatsel-analise te doen en die toneel weer te fynkam. Jean, Pieter jr. en Marinus Else (24), seun van Pieter se vriendin Esther, is ondervra omdat al drie by die huis was ten tyde van en na die moord. Volgens dokumentasie wat op die toneel gevind is, het my broer die oggend geld getrek en die vermoede dat iemand hom moontlik geteiken het, is nie uitgesluit nie. Volgens die ondersoekbeampte sal baie vrae eers antwoorde kry as al die forensiese inligting, lykskouingsverslag en toneelfoto’s beskikbaar is. Enigiemand wat meer inligting kan verskaf kan adjudant-offisier Francois Alberts by (016) 910 9021 of myself by 082 653 2273 kontak. Pieter is sowat ‘n week voor sy moord deur DMS Powders na die Life Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort verwys vir verdere toetse, aangesien hy siektesimptome gehad het en die plaaslike dokters nie ‘n diagnose kon maak nie. VS is toe by Pieter gediagnoseer. * ‘n Roudiens vind Donderdag, 5 Februarie om 12:00 vanuit die AGS Dinamika kerk in Vanderbijlpark op die hoek van Christiaan de Wet- en Andries Potgieterstraat plaas. Pieter laat sy seun Pieter jr., myself en sy vriendin Esther agter". http://www.vaalweekblad.com/223949/news-details/wreed-vermoor

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>