Rioting in Soweto: Protea South: ANC-councillors homes torched, motorists stoned, burning tyres, boulder-barriers
Aug 10 2013 - Betogers in die suide van Johannesburg, is steeds besig om amok te saai en verbygaande motoriste op die N12 onder klippe te steek.
Motoriste is gevra om paaie in Protea-Suid in Soweto te vermy waar ontevrede plakkers hul protesoptrede van die afgelope paar dae oor dienslewering voortsit.
Die verkeer word herlei nadat inwoners deurpaaie met brandende bande en klippe versper het.
Ten minste 23 mense is vroeër in hegtenis geneem vir die afgelope paar dae se onrus toe Chris Hani-weg, die N12 aansluiting en nog paaie in die omgewing versper is.
‘n Woordvoerder vir die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar het bevestig dat inwoners voertuie in die gebied met klippe bestook. Hy het gevra dat motoriste alternatiewe roetes gebruik.
http://praag.co.za/?p=16060
↧