Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Farmer Tattie Schoeman 49, nephew Marius Bester 24 bludgeoned, survive attack by 4-5 black males.: nothing robbed

$
0
0
Bothaville farmer Tattie Schoeman 49 and nephew Marius Bester 24 attacked in Rooidam farm house by 4 or 5 black male attackers. -------------------------- Bothaville farmer Tattie Schoeman and farm-manager survive attack by five blackmales: SAPS ------------ Aug 28 2013 - Bloemfontein - Die Vrystaatse polisie is steeds op soek na vyf mans wat in die vroeë oggendure ‘n boer van Bothaville en sy voorman aangeval en beroof het. Polisiewoordvoerder Stephen Thakeng sê die plaaseienaar, 48-jarige Tattie Schoeman is saam met sy plaasbestuurder - wie se identiteit in hierdie stadium onbekend is - deur die mans vasgebind, nadat hulle geld en vuurwapens geëis het.Thakeng sê die mans het toegang deur ‘n kombuisvenster gekry en het hierna twee jaggewere gesteel. Thakeng sê Schoeman se twee honde is kort voor die aanval vergiftig. http://www.saps.gov.za ----------------- Tom de Wet Volksblad: Donderdag 29 Augustus 2013 BOTHAVILLE. – “Die Here het ons die genade gegee om nog ’n dag te kan leef. Sonder my Here sou ek nie nou met jou gepraat het nie. Ek getuig dit.” Dié roerende woorde is dié van Tattie Schoeman (49) wat Woensdagoggend saam met sy neef Marius Bester (24) in hul huis op die plaas Rooidam oorval is. Die inbrekers, moontlik vier of vyf, het die elektriese omheining oopgeknip en onderdeur gekruip. Hulle het daarna diefwering oopgebreek en deur ’n venster geklim. Twee honde is vergiftig. Die gewapende inbrekers het eers vir Bester in sy kamer oorval, hom met ’n pistool oor die kop geslaan, vasgemaak en uitgevra oor hoeveel mense in die huis is. Die inbrekers is daarna na Schoeman se kamer waar hulle hom ook oorval, vasgemaak en toe met ’n bobbejaansleutel aangerand het. Hulle het geld geëis, maar kon niks kry nie. Hulle het daarna die vuurwapenkluis se sleutel in die hande gekry en ’n geweer en rewolwer gebuit. Die twee mans is vasgebind agtergelaat terwyl die inbrekers weggekom het. “Die absolute magteloosheid wat jy voel as jy daar vasgebind lê, is moeilik om te beskryf. Dit is donker, jy weet nie hoe laat dit is nie en jy kan niks doen om los te kom nie.” Schoeman sê hy voel magteloos ná dié gebeure. Al die sekuriteitsmaatreëls het die aanvallers nie uitgehou nie. Werkers op die plaas het die oggend onraad vermoed toe daar nie beweging by die huis is nie. Hulle het ook die oop venster gesien. Gustav Labuschagne, een van die plaasbestuurders, het Schoeman en Bester teen 07:30 bevry. Konst. Kethabile Mofokeng, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie soek na vier of vyf verdagtes. --------------- http://www.volksblad.com/nuus/2013-08-29-boer-neef-op-plaas-oorval

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>