Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Krugersdorp motorist 38 survives shooting: Monument Krugersdorp

$
0
0
Krugersdorp motorist, 38, survives shooting Monument "Barmhartige motoris geskiet ná hy wou help" Deur Phillip Bruwer 4 September 2013 - ʼn Man van Krugersdorp sterk in die hospitaal aan nadat hy Dinsdagaand in Monument, Krugersdorp in Gauteng, tydens ʼn kapingspoging geskiet is. Kaptein Appel Ernst, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die 38-jarige slagoffer was omstreeks 20:45 in 2de Straat deur twee gewapende mans aangeval wat sy voertuig wou kaap. “Die slagoffer het ʼn Volkswagen Polo bestuur en was op pad na sy vriend toe. Hy het gesien dat ʼn swart Corsa LDV hom agtervolg en toe hy in 2de Straat in draai, het hy van die pad af getrek, aangesien die bestuurder van die Corsa aanhoudend sy hoofligte vir hom geflikker het,” het Erns gesê. Twee insittendes van die Corsa het uit die voertuig geklim en die slagoffers vir aanwysings gevra. Toe die slagoffer wou help, het een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgepluk en op die man se motorsleutels aangedring. “Die man het hom verset en hulle het met mekaar begin stoei. Die gewapende verdagte het op die slagoffer geskiet en hom twee keer in die been getref.” Tydens die bakleiery het die slagoffer se voertuigsleutel gebreek en die verdagtes het sonder die voertuig gevlug. Die slagoffer het ook beserings aan sy gesig opgedoen nadat hy met ʼn onbekende voorwerp geslaan is. Maroela Media het vroeër berig paramedici van Netcare 911 het die gewonde man in sy voertuig aangetref. “Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. Lees meer hier. Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en ʼn poging om te kaap. Die polisie het motoriste gewaarsku om versigtig te wees vir verdagte optredes van ander motoriste en om na ʼn veilige gebied te ry as hulle agterkom hulle word agtervolg. Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval versoek om die Krugersdorp-polisie by 011 951 1111 te bel. http://www.maroelamedia.co.za/blog/nuus/barmhartige-motoris-geskiet-na-hy-wou-help/

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>