Ivor Creighton 32, his fiancee Suzaan van Jaarsveld, 25 two kids 4 months and 4 years old, survive attack by 5 black gunmen: Sasolburg in "just an ordinary robbery'. SAPS does not investigate attempted murders any more.
SASOLBURG. - Gewapende rowers het in die vroeë oggendure van Woensdag die tweede huis in twee weke in ‘n woonbuurt van Sasolburg beroof.
Ivor Creighton (32) en sy verloofde, Suzaan van Jaarsveld (25), was skuins na middernag besig om rakke in die motorhuis te bou toe ‘n bende van vyf rowers hulle oorval het.
“Ek het so vyf minute voor hulle ons oorval het nog die polisiemotor wat patrollie ry deur die buurt verby ons huis sien ry. Enkele minute later het vyf mans waarvan twee vuurwapens gehad het, die motorhuis binnegestorm en ons oorval. Hulle het ons beveel om op die grond te lê waarna hulle my skoene uitgetrek en ons hande vasgemaak het,” vertel Creighton. Die rowers het hulle daarna beveel om die huis binne te gaan.
Die huis is in drie woonstelle verdeel. Van Jaarsveld se ma en pa bly in een van die drie.
Van Jaarsveld en Creighton en hul twee dogters (’n baba van vier maande en ’n vierjarige), bly saam in die tweede woonstel, terwyl haar suster, Paula Loftus, dié se man, Leonard, en hul twee kinders in die derde woonstel bly. Die rowers het die volwassenes en Loftus se twee kinders na ’n kamer gedwing, waar die mans se voete en hande vasgebind is.
Die vroue se hande is vasgemaak. Komberse is oor die kinders se koppe gegooi. Hulle het na die gesmeek van die familie geluister om nie oom Piet van Jaarsveld (62) uit sy kamer te dwing nie aangesien hy permanent aan ‘n suurstoftenk gekoppel is na sy longe in 1995 in ’n gaslekkasie beskadig is.
“Ek het wakker geword toe ‘n man met sy knie op my bors gedruk het terwyl hulle my hande en voete aan die bed vasgebind het,” vertel oom Piet. “Hulle het dank Vader nie die kinders seergemaak of hulle hande vasgebind nie,” het Creighton bygelas.
Die rowers het aangedring op R2 000 kontant dan sou hulle nie iets verder uit die huis neem nie. “Hulle wou ook juwele en gewere hê benewens die kontant maar ons het niks daarvan in die huis nie,” vertel Creighton. Na sowat drie ure in die huis het die rowers op die vlug geslaan met gesteelde elektroniese toerusting, klere, doeke en oom Piet se bottelgroen VW Polo. “Ons is maar pensioenarisse so die Polo was nie eers verseker nie.
Gelukkig het niemand seer-gekry nie. Ek wil hê die mense van Sasolburg moet weet wat hier aangaan sodat hulle op hulle hoede kan wees en nie self moet deurloop nie,” vertel oom Piet.
http://www.vaalweekblad.com/84703/news-details/roof-bende-slaan-toe
↧