Martin 67 and Annetjie Van der Linde survive brutal attack by 3 black males, Holten Street, Sasolburg
06 September 2013 -- Drie rowers het Annetjie van der Linde en haar man, Martin (67), gisternag in hul huis in Holtenstraat, naby die Hoërskool Sasolburg, oorval. Martin moes 43 steke kry nadat hy met ’n swaar voorwerp én ’n telefoontafel oor die kop geslaan is.
Die egpaar het net ná middernag ’n geluid in die kombuis gehoor. “Ek het gewag dat my oë aan die donker gewoond raak,” het Martin vertel. “Daar is ligte wat buite brand en ek kon ’n persoon by die kombuisvenster sien staan. Die venster was oop. Een het deur die venster gehang. Ek het hom nader gepluk, geslaan en toe hardloop hy.”
Die volgende oomblik was daar ’n harde slag in die hoofslaapkamer. Die rowers het ’n groot venster wat geen diefwering voor het nie, stukkend gegooi.“Die tannie het uit die slaapkamer gekom en ek het vir haar gesê om na die bure toe te hardloop,” het Martin gesê.
“Ek het so ’n bietjie geboks en met die vuis geslaan. Die een man is agter die tannie aan, maar die televisie het sy aandag getrek en hy het daarmee weggehardloop.” Martin het een van die mans op die vloer platgedruk toe sy makker hom oor die kop geslaan het. “Hulle het daarna die telefoontafel beetgekry en my oor die kop geslaan.”
Die tafel het gebreek. Hy is toe na ’n kamer gedwing. “Ons het geworstel, hulle het my platgedruk en probeer versmoor, maar ek kon darem ook daar uitkom.” Intussen het die bure het die paniekknoppie in hul huis gedruk. Die polisie en gewapende reaksie-eenheid het opgedaag.
Die Van der Lindes se dogter, Ananda Loubser, het gesê haar pa is taai soos ’n ratel. “Jy trek al die stops uit as jy sien jou vrou is in die moeilikheid,” het hy daarop geantwoord.
https://www.facebook.com/photo.php?fbid=716794785013736&set=a.178568022169751.48293.116298045063416&type=1&theater
↧