No-where is safe, writes young mom Annelie Basson Werth on Boere Krisis Aksie page:
(Afrikaans). Pretoria, South Africa. " Ek is 25 Januarie die jaar in my huis beroof. Ek het vir 'n ruk nie eers geweet of hul my 19 maande oue seuntjie saam gevat het toe hul gevlug het nie want hul het my hande en voete aanmekaar vasgemaak en my tussen 'n kas en bed neergegooi. Ek het geluide gehoor maar kon nie hoor uit watter rigting wees die posisie waarin ek was. Ek het my hande se velle afgeskuur met die toue om los te kom sodat ek kan kyk of my kleinding veilig is. Hy het daardeur geslaap en ek was te bang om hom wakker te skree dat ek kan hoor of hy okay is. Ek was bang hulle hoor my en kom terug. Ek was amper los toe ek hom teen sy kot hoor skop in sy slaap. Ek is net so dankbaar dat die wat ons beroof het harte gehad het in die sin dat nie ek of my kleinding seergemaak is nie. Dit was net my hande. Dit was niks vergeleke met wat kon gebeur het.
https://www.facebook.com/annelie.basson.7
↧