Afrikaner kids robbed at knifepoint of their bikes:
Middelburg Observer
Met mes gedreig vir fiets Twee seuns is Maandag 08 Desember helder oordag met ‘n mes gedreig en van hul fietse beroof.
13 December 2014
Donovan Kleinschmidt en Keagan Evans is Maandagmiddag beroof van twee fietse. Die een is presies dieselfde as die een wat hulle vashou. Die ander fiets was 'n swart en oranje Crescent fiets.
“Ons moet op ons knieë bly, die Here sal oordeel,” het me. Mandie Fourie Dinsdag na die gebeure gesê.
Haar seun, Keagan Evans (13) en sy neef, Donovan Kleinschmidt (15) het omstreeks 15:00 ‘n entjie met Keagan en sy suster se fietse gaan ry.
Naby die oop stukkie veld in Zuidstraat, het die seuns van hul fietse afgeklim en geloop, aangesien een van die fietse se voorwiel bietjie pap was.
Twee swartmans het van voor af op hulle afgestap gekom en in suiwer Afrikaans vir Donovan gevra: “wat het jy daar in jou sak?” Die twee seuns het nie dadelik onraad vermoed nie en Donovan het geantwoord, “my selfoon!”
Die man het aggressief vir hom gesê: “gee my jou selfoon en horlosie!” Die twee seuns het dadelik besef dat hul lewens in gevaar kan wees, want die twee ouer mans kan dalk wapens hê, waarop hulle die selfone oorhandig het.
Die kinders wou net verder stap met hul fietse, toe een van die booswigte omspring en vir sy makker sê: “kom ons vat die fietse ook!” Die ander rower wou nie, maar die uitdagende een het ‘n mes uitgepluk en dit teen Donovan se keel gehou.
Die seuns het nie ‘n keuse gehad as om die fietse aan hulle te oorhandig nie.
Hulle moes toekyk hoe die rowers doodluiters met die fietse wegstap.
Die seuns het huistoe gehardloop en me. Fourie van die gebeure in kennis gestel. Sy het op Facebook vir ‘n nommer gevra van die radiogroep (want hulle is nie lede van die radiogroep nie), maar kon niemand in die hande kry nie.
Sy het ‘n beskrywing van die twee rowers gegee, waarop mense via Facebook laat weet het dat hulle een van die booswigte in Jeppestraat opgemerk het.
Hulle het soontoe gejaag, maar hy was skoonveld. Hulle het egter by ‘n huis in Uitbreiding 18 gesien hoe verskeie fietse by die huis uitmekaar gehaal en die parte aan mense in die omgewing verkoop word. Me. Fourie sê haar kinders se fietse was egter nie tussen dié fietse nie.
“Weet jy wat is die verskriklikste? My kind het gesê dat hy nie weer met ‘n fiets skooltoe sal ry nie. Hulle het ‘n bangheid in my kind se oë veroorsaak. ‘n Mens verstaan nie hierdie dinge nie!”
• In dieselfde tyd wat die gesin na die fietse gesoek het, het iemand op Facebook na hul honde gesoek. Me. Fourie sê “al goeie ding wat hieruit voortgespruit het, is dat ons die honde wat die mense gesoek het, opgespoor het.”
http://mobserver.co.za/22745/met-mes-gedreig-vir-fiets/
↧