Survived: Scared Afrikaner toddler Mieke Strydom, 4, attacked by four black male smash-and-grab robbers:
Middelburg Observer Diewe ontsien nie eers vierjarige
Diewe gee nie om dat daar kinders in die omgewing is nie en moes ‘n vierjarige dogtertjie kyk hoe vier booswigte hulle omsingel en met haar pa se selfoon en beursie weghardloop.
18 December 2014 Me. Sonika Strydom en haar vierjarige dogtertjie, Mieke. Hulle was die slagoffers van grypdiewe en die kind is erg getraumatiseer deur die voorval.
Me. Sonika Strydom is steeds ontsteld omdat haar dogtertjie, Mieke, ooggetuie moes wees van die gebeure Sondagmiddag by die KFC op die hoeke van Walter Sisulu- en SADCstraat.
Volgens haar het sy en klein Mieke gou Sondagmiddag kos gaan koop vir die mense wat in hul tuin werk.
Sy vertel dat sy reeds sowat 20 minute in die deurry gestaan het en toe deur personeel in kennis gestel is dat hul kaartmasjien nie daar werk nie.
Me. Strydom sê sy was vies omdat sy in die parkeerarea moes gaan stop, aangesien sy juis bang is vir rooftogte. Die oomblik toe sy stop, het iemand aan haar venster geklop en gevra of sy R5 vir hom het. Sy het vir hom gesê sy het nie kleingeld by haar nie en hy het weggeloop.
Sy en Mieke het uitgeklim, die kos gaan haal en teruggestap na hul voertuig.
Op dieselfde oomblik wat sy die deure oopgesluit het om die kos in die voertuig te sit, het vier mans skielik uit die niet om hulle verskyn.
Me. Strydom het dadelik die een wat vroeër vir R5 gevra het, tussen die groep herken. Een het vir haar gesê daar is fout met die kar se band, “toe wéét ek net hier kom dit!”
Terwyl sy en Mieke paniekerig probeer het om aan die passasierskant in te klim, het een van die diewe die bestuurderskant se deur oopgepluk en haar man se beursie en selfoon gegryp. Daar was sowat R1 700 kontant in die beursie. Al vier het in die rigting van die Iraq taxistaanplek verdwyn.
Wat me. Strydom erg omkrap, is dat klein Mieke histeries aan die huil gegaan het, maar dat die mense naby hulle net gestaan en kyk het wat gebeur. “Een vrou het haar arms in die lug gegooi en gevra wat ons dan verwag moes sy gedoen het!”
• Toe me. Strydom by die polisiestasie kom Woensdag om dit aan te meld, was daar ander mense ook wat gaan kla het dat hul voertuig se deure oopgepluk is deur booswigte.
• Me. Lynette Gouws het op Facebook geskryf dat haar man se selfoon op bykans dieselfde manier by die Boeredokters in John Magagulastraat gegryp is. “Hulle stuur jong kinders om aan die deure te ruk en pluk. As jy vir hulle kyk, dan kom die groot een en gryp selfone en beursies! Die wagte sê net hulle het niks gesien nie!”
• Verskeie winkeleienaars in SADC-straat het die afgelope twee weke by die Observer gekla dat hulle sien hoe daar aan die mense se deure gepluk word en ingebreek word.
http://mobserver.co.za/22987/diewe-ontsien-nie-eers-vierjarige/
↧