Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

100 Cubans brought in to repair 2,000 old military wrecks at 3 military bases:

$
0
0
100 Cubans brought in to repair military wrecks in South Africa to the tune of R250-million: 00+ Cubans brought in by murky Cuban state-company TecnoImport to repair irreparable military wrecks at 3 military bases in South Africa to the tune of R250-million: --- Erika Gibson of Rapport Sunday writes that 'some of the vehicles have trees and thorn bushes growing through them: questions also are being asked about the Cuban sub-contractor who brought in the mechanics - who cannot speak Englis. Picture left: Copy of contract from the SANDF's deal with the Cuban company: it was noted that while the contract was made with one specific company, the payments are deposited in another accounts. The total cost of the 'repair plan' runs to R250-million. The SANDF chief Genl. Solly Shoke signed the contracts in August 2014 with the Cuban state company TecnoImport to 'train mechanics for the defence force' in South Africa. This 'irregular signing of the contract, writes Gibson, was apparently 'doctored away'' by an unsigned letter from defence minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula to avoid any enquiries from the auditor-general. Gibson writes that 'Shoke signed the contract without any mandate, and this becomes clear from Mapisa-Nqakula 's undated letter - in which she delegates all the necessar authority to him but refers to the two contract numbers he had already signed. The first payment was made to the Tecnotex company's sector promoting tourism in Cuba - and whose director and other top-managers, all with the rank of generals, were arrested several years earlier due to corruption with two British and two Canadian companies. The Cuban media was censored from publishing these facts, writes Rapport. The Cuban mechanics - none of whom speak English - work at the wrecks in Potchefstroom, Bloemfontein and near the Wallmansthal military base north of Pretoria. Each group has a teacher which helps to translate but the SANDF documents for the vehicles are only in English. At Wallmansthal some 2,000 vehicles are wrecks: thirty percent are older than 25 years and reportedly trees and thorn-bushes grow through come of the bodies. The wrecks were bought by the defence force together with the state arms-manufacturer Krygkor (Armscor) and were written off so that they could be auctioned. Armscor spends thousands of Rands a month to guard these vehicles until all the useful parts have been removed before the auction which should have taken place more than a year earlier. The SANDF didn't want to auction them off, claiming that the vehicles were still in useable conditon. Different accounts used to deposit payments to SA government: - the vehicles are totally destroyed: with trees and thorn bushes growing through the cabins of the vehicles: and questions are being asked about the cuban sub-contractor who brought the mechanics to South Africa. http:// Deur Erika Gibson Sondag 01 Maart 2015 10:00 Foto: ’n Uittreksel uit die weermag se kontrak met die Kubane. Die kontrak is met een maatskappy gesluit, maar die geld word in ’n ander gedeponeer. Bome en doringbosse groei geil deur die kajuite van vragmotorkarkasse wat Kubaanse werktuigkundiges vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) moet kom regmaak. Daar is beweringe van ongerymdhede met die ondertekening van die kontrak hiervoor, asook kwelvrae oor die Kubaanse maatskappye wat die motorwerktuigkundiges Suid-Afrika toe gebring het. Die geraamde koste van die voertuigherstelplan is nagenoeg R250 miljoen. Genl. Solly Shoke, SANW-hoof, het in Augustus twee kontrakte onderteken met die Kubaanse staatsonderneming Tecno­import vir die uit­ruilopleiding van SANW-werktuigkundiges. Dié “onreëlmatige” ondertekening van die kontrak is klaarblyklik agterna reggedokter met ’n ongedateerde brief deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, ten einde verdere navrae van die ouditeur-generaal af te kortwiek. Shoke het die kontrak glo sonder die nodige mandaat onderteken, blyk dit uit dié brief wat Mapisa-Nqakula geskryf het. Daarin delegeer sy die nodige bevoegdheid na hom, maar verwys reeds na die twee kontraknommers. Die eerste “paaiement” van die kontrak, R33 miljoen, moes luidens die kontrak, wat Rapport onder oë gehad het, in euro in die internasionale rekening van ’n ander maatskappy, Tecnotex, inbetaal word. Dié maatskappy hanteer luidens sy webblad hoofsaaklik aankope vir die toerisme- en private sektor in Kuba. Tecnotex se hoofdirekteur en ander lede van die topbestuur, wat almal die rang van generaal het, is enkele jare gelede in hegtenis geneem weens korrupsie wat verband gehou het met twee Britse en twee Kanadese maatskappye. Die Kubaanse media is nie toegelaat om hieroor te berig nie. Ontsteltenis oor die SANW se plan om meer as 100 Kubaanse motorwerktuigkundiges in te span om sy ou voertuie reg te maak het die afgelope week uitgekring. Die werktuigkundiges, wat nie Engels magtig is nie, werk in Potchefstroom, Bloemfontein en by Wallmans­thal, noord van Pretoria, aan voertuie. Elke groep het ’n onderwyser wat moet help tolk, maar al die weermag se handleidings vir die voertuie is in Engels. By Wallmansthal staan nagenoeg 2 000 voertuie, waarvan 30% al ouer as 25 jaar en gehawend is. Bome en bosse het al dwarsdeur party kajuite gegroei. Die voertuie is twee jaar gelede deur die SANW in samewerking met Krygkor afgeskryf om opgeveil te word. Krygkor het teen derduisende rande maandeliks dié voertuie help bewaak terwyl al die bruikbare onderdele voor die veiling verwyder is. Die veiling moes al meer as ’n jaar gelede plaasgevind het, maar die SANW se topbestuur het geweier om die verkope goed te keur omdat daar glo twyfel was of die voertuie werklik in so ’n swak toestand is. Krygkor sou só minstens R250 miljoen se inkomste vir die weermag verdien het, wat nou aan die hernieude regmaak van die voertuie bestee word. Carlos Fernández de Cossío, Kuba se ambassadeur in Suid-Afrika, het die afgelope twee weke nie op skriftelike navrae gereageer nie. Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die departement van verdediging, sê Shoke hanteer 90% van die SANW se sake en hy kan weermag-tot-weermag-ooreenkomste sluit. Maar in werklikheid is die Kubaanse kontrakte finansiële ooreenkomste wat namens die departement die verantwoordelikheid is van die sekretaris van verdediging. “Daar skort niks met ons ooreenkoms met die Kubane nie. Ons sal hulle gebruik solank dit nodig is,” sê Dlamini. “Die plaaslike voertuigherstelbedryf buit die weermag reeds jare uit. Ons het Samil-vragmotors wat oor die land gestrooi lê nadat dit plaaslik ten duurste ‘reggemaak’ is. Dit kos miljoene en die weermag moes ’n alternatief vind. Enigiemand wat ’n probleem met die Kubane het, kan in die dam gaan spring.”

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>