Quantcast
Channel: FARMITRACKER
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Shaun Terblanche attacked on farm near Kruger airport: shoots dead one attacker: 2 injured

$
0
0
Shaun Terblanche attacked on his farm near Kruger Mpumalanga international airport, White River: Mr Terblanche shoots one armed attacker dead; 2 captured WITRIVIER – ‘n Huisbraak naby die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe het Maandag erg skeefgeloop vir drie vermeende rowers. ‘n Man is Maandag doodgeskiet en ‘n tweede is gearresteer na ‘n gepoogde inbraak op ‘n plaas naby die KMIL. Volgens die woordvoerder van die SAP, Sersant Gerald Sidibe, was drie mans om ongeveer 20:00 deur ‘n familielid van die eienaar gesteur tydens die drie se inbraak by ‘n plaashuis. Die Nelspruitse blitspatrollie, Witrivier se SAPS en die Witrivierse J&M sekuriteit het op die alarm gereageer. Meneer Shaun Terblanche van J&M Sekuriteit het gesê dat een van die rowers het ‘n vuurwapen op die familielid gerig toe dié terugvuur en die rower noodlottig wond. Nog ‘n verdagte het van die toneel gevlug en ‘n derde is later onder ‘n bed in die woning gekry. Kaptein Pieter Smit, bevelvoerder van die Nelspruitse blitspatrollie het bevestig dat die rowers toegang tot die huis verkry het deur ‘n gebreekte ruit. ‘n Windbuks is ook op die toneel gekry. Daar word vermoed dat dieselfde groep ook verantwoordelik was vir ‘n inbraak op ‘n naburige eiendom wat vroeë die aand plaasgevind het. Gesteelde goedere wat uit elektroniese uitrusting bestaan het is in die veld naby die toneel gevind. Die verdagte het Woensdag voor die magistraatshof verskyn op aanklag van twee sake van huisbraak, waarna die saak tot 4 September uitgestel is vir ‘n borgaansoek. http://bmarksa.org/nuus/huisbraak-loop-skeef-vir-inbrekers/

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3032

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>